Radio vir die Boervolk

 

Boervolk Radio is in 1998 gestig met die uitsluitlike doel om ‘n kommunikasiemedium vir die Boervolk te wees. Die radio het sy ontstaan te danke aan die gedagtes van die Transvaalse Separatiste, ‘n denkgroep wat in die tagtigerjare alreeds in Suid Afrika besef het dat die oplossing vir die toekoms van die volk nie deur politieke partye kan of sal beding word nie. Daar het in elk geval geen politieke party bestaan wat die belange van die Boervolk verteenwoordig het nie.

© Can Stock Photo / yuiyui

Die internet radiostasie saai wêreldwyd uit en het oor die jare kontak gemaak met Boere in verskeie lande. Daar is ook kontak gemaak met radiostasies oor die wêreld, wat die geskiedenis van die Boervolk as fassinerend beskryf het. Die aanvanklike kontak het gelei tot gereelde uitnodigings aan Boervolk Radio om die geskiedenis van die Boervolk en ook die van Suid Afrika in die jare na die tweede Anglo-Boereoorlog op hulle uitsendings te bespreek. The Right Perspective uit New York en Republic Broadcasting Network het verskeie onderhoude met Boervolk Radio gevoer.

Boervolk Radio saai Afrikaanse musiek 24 uur per dag uit en ook ‘n weeklikse geselsprogram op Sondae, 19:00 Suid Afrikaanse tyd.

Hier by Boervolk Radio is en sal die belange van die Boervolk altyd eerste prioriteit wees – 24 uur per dag, 7 dae per week. Geniet die musiek en ook die geleentheid om jou kennis uit te brei. Onthou gerus die woorde van ‘n vriend: “Die wie nie studente van geskiedenis wil wees nie, sal slagoffers van geskiedenis wees”.

Luister

Luister in opwipvenster

Republican Trekker Volk

Boervolk Erfenis Bewaring

The Right Perspective


Pin It on Pinterest