LUISTER RADIO
KLIK HIER
vir Mono of Stereo
of eie speler keuse
Pretoria
WIE IS DIE BOER
WHO IS THE BOER
PROGRAMME
OMROEPERS
Ons is ook op soek na
omroepers wêreldwyd !
ADVERTEER BY ONS
OPNAMES in MP3
MISSIE
BELEID
WIE IS ONS ?
NEEM DEEL
SKAKELS w w w
|
|
|
|
|
|
|
24/7
" Wêreldwye - Internet Radio vir die Toekoms van die Boervolk "
Versprei hierdie webtuiste: E-pos dit aan vriende
VOORNEME EN BELEID
VAN BOERVOLK RADIO
Ons, die Boervolk, erken met dank dat ons ontstaan deel is van ons voorsate se wil en hoop, en dat ons, die nasate, ook daardie wil sal ontwikkel om weer ons vryheid wat in 1902 vernietig is te sal terugwin.
Ons wil die beste vir onsself en ons nageslagte hê, en hoop ons volksgenote kan weer spoedig hierdie kritiese besluit herontdek.
Ons behoort hulle wat ons vooraf gegaan het te eer, en vertrou ons volk sal dit begin besef.
Ons kan niemand prys of blameer behalwe onsself, vir die onderdrukking wat ons steeds vanaf 1902 beleef nie, en dat ons valslik deur ons voorsate mislei is om te glo dat ons kamstig vry geword het na 1902. Ons sal weer moet opstaan as Boervolk om ons vryheid terug te kan wen.
Ons bely teenoor mekaar dat ons eie selfsug en beheptheid swaar op die toekoms van ons volk rus, en dat ons dit sal moet afwerp en dat ons die slawejuk van vreemdes vanaf 1902, en weer 1961 en toe 1994 ook sal moet afgooi of verewig sal vergaan in ‘n mengelmoes van rasse verbastering.
Ons moet onsself verbind tot ‘n vaste wilskrag en trots vir ons eie volk en so ons pad voorentoe baan vir ‘n vrye bestaan vir ons en ons kinders.
Ons onderneem om in ons persoonlike en volkslewe opreg na ons volk en ons vryheid te soek en ons lewe daarvolgens en tot ons volk se eer in te rig ten einde ons volk weer trots op homself te maak, sodat ons dit wat ons voorouers ten uitvoer was te kan voltooi en vervolmaak.
Ons moet in ootmoed en met smeking, maar ook met dwang, ons volk stap vir stap lei na ons vrye volksbestemming, die roepe van 24000 Boere-kinders hoor, en onsself vrymaak in hierdie wêreld.
Ons belowe dat ons in ons strewe na vryheid en by die oorweging van elke stap of doelwit ter verkryging en vervulling daarvan, ons volk se eer en vryheid voorop sal stel.
Ons, die Boervolk, onderskei onsself bewustelik, en geestelik van die sogenaamde AfrikanerDOM wat ons reeds vir 105 jaar ons vryheid gekos het en terselfdertyd geen gewetenswroeging het om ons te sien as ‘n vrye volk en ons graag verder saam met hulle in te sleep by die vreemdes wat hul tog so van hou.
Die geskiedenis leer ons dat alle owerheidsgesag ‘n beskikking van die sterkste is en ons of daaraan moet gehoorsaam, of dit teenstaan totdat ons weereens ons vryheid kry. Eweneens, besef ons dat ons binne die bestel, mits ons dit nie teengaan, vir ewig sal verdwyn soos baie ander volke in die geskiedenis van die witman.
Ons roep hiermee die Boerevolksgenote op tot wil en stryd om ons in gesamentlike strewe ons pad na vryheid te beskik, mits ons die wil daarvoor kan laat herontwaak.
Ons stel dit aan die wêreld en VN, dat ons as Boervolk die wil het om weer vry te wees en sal word, ongeag wat wie ook al dink of sê, dat ons oor onsself wil en sal regeer. Enigiemand anders dan die Boervolk wat hulself binne ons grondgebied bevind, sal hulself op eie koste daaruit moet verwyder. Ons wil en sal soewerein wees in ons eie Boere Republiek.
DIE VIERKLEUR SAL WEER WAPPER!
(Mits ons reg dink en die regte dinge reg doen.)
Boerekrag is eendrag; Boerekrag is ‘n Republikeinse volkswil; maar veral is dit ons Boeretrots wat oorwin!
|
|
|
|
|
|