Ons saai daagliks uit. Podgooi tyd is om 19:30 vir 30 tot 45 min. Ons Potgooi word aangebied in twee formate, naamlik ‘n VIDEO stroom asook ‘n Oudio stroom. Die Oudio stroom is vir diegene wie MIN data of SWAK internet konneksie het en nie die Video stroom kan volg, sit terug en luister gerus saam met almal.
Ek is tans besig om veranderinge aan te bring op die WebTuiste met die hulp van ‘n persoon wie ek op 30 Aug 2026 ontmoet het, dit sal nog ‘n ruk neem maar tenminste werk die Potgooi weer, wees geduldig asb.
Daar is tans 3 Skakels bo in kieslys(menu) wat nog nie heeltemal werk nie, Die Boer, Argief en Sosiale Media skakels. Die skakels onder elke blad se naam die werk almal. Dankie vir u geduld en sou u iets anders raakloop wat nie werk los asb ‘n nota in die WhatsApp onder op die Weblad, dankie.
Op die POTGOOI bladsy is daar tans 3 Video en 3 Oudio spelers wat gebruik kan word.
Op die Video deel is daar ‘n Opwip Speler met rooi skrif wat sê LIVE in rooi. Die Swart speler bly in bladsy en stop sou jy na ander blad gaan, dit is nog foutief maar werk tog sou jy kundig wees, dan is die een met ‘n Vierkleur in agtergrond van Rumble met ‘n kletsblad.
Op die Oudio deel is daar ook ‘n Opwip Speler met vrou en oorfoon. Die groot een onder in blou bly oop op die webblad, Dan is die derde een met ‘n aardbol by RadioHub.
Radio vir die Boervolk
Boervolk Radio is in 1998 gestig met die uitsluitlike doel om ‘n kommunikasiemedium vir die Boervolk te wees. Die radio het sy ontstaan te danke aan die gedagtes van die Transvaalse Separatiste, ‘n denkgroep uit Naboomspruit wat in die tagtigerjare alreeds in Suid Afrika besef het dat die oplossing vir die toekoms van die volk nie deur politieke partye kan of sal beding word nie. Daar het in elk geval geen politieke party bestaan wat die belange van die Boervolk verteenwoordig het nie.
Die internet radiostasie saai wêreldwyd uit en het oor die jare vanaf 1998 kontak gemaak met Boere in verskeie lande. Daar is ook kontak gemaak met radiostasies oor die wêreld, wat die geskiedenis van die Boervolk as fassinerend beskryf het. Die aanvanklike kontak het gelei tot gereelde uitnodigings aan Boervolk Radio om die geskiedenis van die Boervolk en ook die van Suid Afrika in die jare na die tweede Anglo-Boereoorlog op hulle uitsendings te bespreek. The Right Perspective uit New York en Republic Broadcasting Network het verskeie onderhoude met Boervolk Radio gevoer.
Boervolk Radio saai nie tans Musiek uit jeens Kopieregte na 2018. Ons saai wel om 19:00 elke aand ‘n gesels program uit om ons mense te probeer inlig oor wat kom vir almal op aarde, maar veral vir die Witmense.
Hier by Boervolk Radio is en sal die belange van die Boervolk altyd eerste prioriteit wees – 24 uur per dag, 7 dae per week. Geniet die musiek en ook die geleentheid om jou kennis uit te brei. Onthou gerus die woorde van ‘n vriend: “Die wie nie studente van geskiedenis wil wees nie, sal slagoffers van geskiedenis wees”.






