Boervolk of Afrikanernasie?
Wie is ons? Wie is hulle? Die eerste en mees basiese beginsel wanneer ons na “Boer” verwys, is dat hier van ‘n volkslid of burger gepraat word, en nie ‘n beroep nie (boer / landbouer). Die twee terme word gereeld en deur baie mense wangebruik asof hulle een en dieselfde is. Daar is natuurlik rede voor en dit sal elders bespreek word. In kort, die Boervolk oftewel “Boere” het wel hul ontstaan te danke aan hoofsaaklik grensboere (landbouers) wie sekere besluite in die verlede uitgevoer het wat gelei het tot die ontstaan van ‘n volk. Die Boervolk.
Die burgers van die Boervolk was egter nie almal boere nie. Net so is alle landbouers (boere) vandag verseker nie Boere nie. Die Boervolk het ‘n unieke identiteit en geskiedenis. Daar is ooreenkomste in die geskiedenis van die Boervolk met ander volke. Daar is egter weinig ander volke waar die identiteit van die volk so doelbewus uit die historiese gebeure, geskrifte, strukture, monumente, taal en selfs gedagtes van die volk self verwyder is. Die redes daarvoor is wel te vind vir die wat bereid is om bietjie te soek.
Die wat wel die geskiedenis bestudeer sal dan ook by die tweede beginsel uitkom. En dit is dat ‘n Boer en Afrikaner nie een en dieselfde is nie, net soos hierbo genoem dat ‘n landbouer en Boer nie een en dieselfde is nie. Die wat hierdie ontdekkingsreis begin, sal nie teleurgestel wees nie. Die geskiedenis van die Boervolk is fassinerend. Dit kan selfs volksvreemdes beaam. Die denkgroep verantwoordelik vir die ontstaan van Boervolk Radio, wat hulle beywer vir die belange van die volk, het geen voordeel te put uit dit wat jy in die volk se geskiedenis sal vind nie. Hulle stel nie in rykdom belang nie. Vir hulle is die rykdom die volk self. Die wie weet hulle is Boere en ook die wat nog moet uitvind.
Hier is verskeie skakels na besprekings en dokumente wat handel oor die identiteit van die Boervolk. Van die besprekings is in Engels. Daar bestaan vele boeke en skrywes in ander tale as Afrikaans wat net soveel, indien nie meer, waarde dra as sommige Afrikaanse skrywes.
- Who are the Boers?
- Transvaalse Separatiste, deur die denkgroep – 1982/3
- Boer, Afrikaner or White? Which are you?
Jy kan ook na die volgende onderhoude luister van Theuns Cloete met The Right Perspective in New York.
Deanna Spingola van Republic Broadcast Network het ook ‘n onderhoud gevoer met Theuns Cloete. Dit was duidelik dat sy haar onderwerpe deeglik bestudeer, aangesien Deanna met die inleiding reeds bewys het dat sy hooftrekke uit die Boervolk se geskiedenis kon aanhaal.
Republic Broadcast Network 1/2
Republic Broadcast Network 2/2
Hier is verdere insette oor die verskil tussen Boer en Afrikaner.
The Struggle For Boer Self Determination & Independence Is Not Division
Is jy deel van ‘n Volk of maar net deel van ‘n nasie? Die Boervolk is ‘n volk. Die Afrikaner kan uit die aard van sy ontstaan nooit ‘n volk wees nie. In die beste geval, is dit bloot ‘n nasie. Die geskiedenis leer ons ook dat dit ‘n heel deurmekaar een is.
Boervolk of Afrikaner nasie – oftewel ‘n poespas (deurmekaarspul, mengelmoes). Die Engelse beskrywing is net so treffend. A hodgepodge – a confused mixture.
Jy kan na die HAT verwys en enige goeie Afrikaans / Engels vertalende woordeboek.





