Boervolk en vryheid
Om Vryheid te bereik het die Boervolk eerstens sy eie onafhanklike media nodig. Deur die media sal die volk bymekaargemaak word. Daarna sal ons leiers vind.
Daarsonder sal die Boervolk, soos vanaf 1910, die kneg van die Afrikanker bly en saam vergaan.
Die hoofstroom regse organisasies / bewegings / partye is verkneg aan die Afrikaner en is net soos die linkses ook so getooi.
So ook vele van die sogenaamde Boere-organisasies.
Die meeste van dié leiers en hul hoofmanne lieg vir u, die Boervolk.
Hul weet nie hoe om sonder die Afrikaner voort te gaan nie en is op soek na lede buite die Boervolk om kruisies te trek.
Pasop vir die Afrikankers!
Hulle is uitgeslape en gebruik steeds die geskiedenis en sentimente van die Boervolk om juis die Boervolk te ondermyn.
President Kruger sowel as president Steyn het ook hierteen gewaarsku, naamlik teen die Afrikaner etnisiteit wat deur die Afrikanerbond verkondig is! Oom Paul het gesê ons is nie dieselfde nie, maar dat dit ‘n uitgeslape politieke speletjie van hulle is.
Die Afrikanerbond het al in die 1880’s, kort na hul stigting, saam met die Engelse begin werk teen die Boervolk en was verantwoordelik vir die Afrikaner geldmag se stigting wat tot vandag teen die Boervolk ingespan word!
Wanneer ooit was daar ‘n Boer toegelaat om aan te sluit by die Broederbond? Nog nooit nie! Alleenlik Afrikaners en Joiners. Dit geld vir die linkses sowel as die regses met hul leuens om die Boervolk se eie identiteit te verdoesel.
Oral sien mens vandag en in die 21ste eeu veral hoe baie, wie kamtig hardop skree “Ek is Boer”, tog te graag wil dat ons tog maar saam met die Afrikaners loop, en hulle is stadig besig om dit weereens reg te kry.
Kyk gerus mooi op die internet hoe al hoe meer begin om saam met Boere-vreemdes te wil volksrade en dies meer skep.





